HOME | PLAYERS | TICKETS | STADIUM | FANZONE | ENTERTAINMENT | CHEETAH SHOP | ACCOMMODATION | CONTACT US
header
Latest News
07/10/2008
Juan moet nou VS se Os wees
07/10/2008
Naka: Vanjaar se span is meer talentvol as 2005 s'n
07/10/2008
VS moet die keer vir onderskepdrieë soek
07/10/2008
Kommer heers oor twee beserings
06/10/2008
ABSA CURRIE CUP FAB FOUR FINALISED
06/10/2008
Bulle op vorm, maar op papier is sake gelykop
06/10/2008
Daar staan 80 minute tussen alles en niks
06/10/2008
Vodacom Vrystaat Cheetahs deur ná taai stryd teen Bolanders
06/10/2008
'Bulle sal Vodacom Vrystaat Cheetahs nie weer onderskat'
06/10/2008
Volpunte aan Vodacom Vrystaat Cheetahs se herbouproses
04/10/2008
Vodacom-Vrystaat-Cheetahs 50 - 40 Boland Kavaliers
03/10/2008
Is die mind games verby?
03/10/2008
Vodacom Vrystaat Cheetahs en Griffons onskuldig
03/10/2008
Vodacom Vrystaat Cheetahs versterk deur Juan Smith se terugkeer
02/10/2008
Vodacom-Vrystaat-Cheetahs gee terug
02/10/2008
Vodacom Vrystaat Cheetahs wil speel soos teen Valke
01/10/2008
Vodacom-Vrystaat-Cheetahs span bekend
01/10/2008
Vrystaat het hulle huiswerk gedoen
01/10/2008
Vodacom Free State Cheetahs Team list against the Boland Kavaliers
01/10/2008
Fredericks 100ste keer in aksie
30/09/2008
Vier Vodacom Vrystaat Cheetahs kan Saterdag mylpale bereik
Page 75 of 96 First : Previous [71 72 73 74 75 76 77 78 79 80Next : Last
Vodacom Vrystaat Cheetahs wil speel soos teen Valke
RSS RSS |
02/10/2008
Vodacom CheetahsDie Boland-Kavaliers kan Saterdag op Vodacompark ’n soortgelyke aanslag van die Vodacom-Vrystaat-Cheetahs verwag as wat die kampioen verlede Vrydagaand in Brakpan teen die Valke gelewer het.

Hoewel die Vodacom Vrystaat Cheetahs nie soos teen die Valke streng daarop gerig sal wees om hul punteverskil op die Absa Curriebeker-puntelys ’n hupstoot te gee nie, het die Vrystaters steeds ’n bonuspunt vir vier of meer drieë saam met ’n oorwinning nodig om die halfeindronde te haal.

Naka Drotské, Vodacom Vrystaat Cheetah-afrigter, het gister gesę sy span sal nie sommer afwyk van sy wedstrydplan wat teen die Valke gewerk het nie – hoewel dit nie risiko-rugby veronderstel nie.

Volgens Drotské het sy span met die nodige selfbeheersing teen die Skarlakenrooies gespeel en moet dit bloot herhaal word in die wedstryd teen die Kavaliers.

Die losskakel, Jacques-Louis Potgieter, is in die sleutelposisie behou en is ’n aanvallende speler wat Saterdag straks ook vryheid sal kry om die Vodacom Vrystaat Cheetah-agterlyn na wense weg te stuur.

“Ek dink Jacques-Louis was regtig goed teen die Valke, want wanneer hy in ons eie kwartgebied geskop het, moes hy skop,” het Drotské gesę.

“Maar die kere wat hy met die bal gehardloop het, was daar nie een keer wat die geleentheid aan die buitekant nie daar was nie. Ek dink dit sal presies dieselfde bly,” glo die afrigter. “Ek dink nie ons gaan hoërisiko-rugby speel nie, maar ons het dit ook nie teen die Valke gedoen nie.”

Boland se span is gister aangewys en volgens Hawies Fourie, agterspeler-afrigter van die Vodacom Vrystaat Cheetahs, is daar min spanlede oor van toe hy (Fourie) nog verlede jaar Boland se hoofafrigter was.

Twee spelers wat volgende jaar vir Vrystaat kom speel, die linkervleuel Danwel Demas en plaasvervanger-stut Jean Botha, is in die Kavaliers se 22-tal vir Saterdag se wedstryd.

“In die 22-tal wat teen WP gespeel het, was daar net agt spelers wat verlede jaar daar was toe ek daar weg is. So dis ’n klomp nuwe spelers.

“Hulle is ’n span met durf en gee nie moed op nie. Hulle verdediging is nogal goed,” het Fourie gesę.

Die Kavaliers sal ongetwyfeld ’n herhaling van verlede jaar se wedstryd in Bloemfontein wil voorkom toe die Vodacom Vrystaat Cheetahs 91-3 geseëvier het en Fourie verwag geen maklike wedstryd nie.

“Die Valke is ’n makliker span om te takel as Boland, dus gaan dit nie net eenrigting-verkeer wees nie.”

Boland se span is:

Justin Peach; Deon Scholtz, Piet van Zyl (k), Dewey Swartbooi, Danwel Demas; Elgar Watts, Marnus Hugo; David Hendricks, Josh Strauss, Zolani Mofu, Nico Esterhuyse, Cecil Kemp, Jacobie Adriaanse, Pieter Wium, Janro van Niekerk. PLAASVERVANGERS: Clemen Lewis, Jean Botha, Johan Peacock, Angelo Brinkhuys, Neil Papier, Hein Myburgh, Lionel Cornelius.

- TV : Saterdag van 14:45 af op SS6/DStv.

- Besoek die skrywer se rugby-blog, Rugby-redekawel, op Volksblad se webtuiste – www.volksblad.com

Pieter Jordaan

Volksblad
RSS Subscribe to News RSS
Toyota Puma
Free State Province Vodacom Volksblad PVM Supersport Konica Minolta SPE BudgetE Windmill Casino Free State Sport Science Institute  
Rosepark Hospital Castle Larger Pharos Medical Plan LG Electronics South Africa Gilbert RugbyTsogo Sun    
           
 
Home   |  Contact Us  |  Browser  |  Disclaimer  |  Privacy Policy  |  CMS  |  Webmaster  |  Online Liquor
© 2024 Free State Rugby Union